Almal het iemand nodig

Friends

Professionele atlete weet dat hulle as 'n span moet saamwerk om punte op die telbord aan te teken.

Gedurende die sewe-en-twintig jaar wat hy sy tienmalige nasionale kampioen UCLA-basketbalspanne afgerig het, het die afrigter John Wooden sy spelers telkens herinner: 'Dit neem tien hande om een doel aan te teken.'

Sy boodskap is presies in lyn met Salomo se raad: 'Twee is beter as een...'

Niemand besef sy of haar potensiaal op hulle eie nie. God se Woord en die lewe self leer ons dat die lewe ontwerp is om 'n spansport te wees.

God het hierdie beginsel aan die heel begin reeds daar gestel: ' ...Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help' (Genesis 2:18).

Dit was nooit God se bedoeling dat ons alleen deur die lewe moet gaan nie. Eensaamheid is 'n moordenaar. Geselskap is die elikser van die lewe.

Salomo praat in Prediker 4:1-12 oor die waarde van menslike verhoudings in 'n uitdagende en moeilike wêreld. Om oorwinning in die lewe te behaal, moet ons onsself daaraan toewy om:

  • die individualiteit wat dikwels ons kultuur kenmerk, te weerstaan,
  • betekenisvolle verhoudings op te bou en te leer om ons vriende te waardeer,
  • naby aan die lede van Christus se liggaam te bly,
  • uit te reik na die eensames en diegene wat geval het, en
  • uit jou pad te gaan om die aard van ware vriendskap te demonstreer (sien Spreuke 17:17; Hebreërs 10:24-25; Lukas 10:25-37; Johannes 15:13).

Om jou eie paadjie uit te kerf, is 'n doodloopstraat. 'n Lewe wat gedeel word, is 'n lewe wat ten volle geleef word!

Scroll to Top