Beantwoorde gebede (1)

Het jy al weke, maande of selfs jare vir iets spesifiek gebid? Sê jy, ‘Here, ek weet wat U Woord sê, so hoekom werk dit nie vir my nie?’

'n Foto van 'n vrou wat bybel lees op 'n strand

Om die resultaat te kry waarvoor jy bid, moet jy in staat wees om vrae, wat oor die volgende 3 boodskappe bespreek gaan word, te antwoord:

1) Bid jy volgens God se wil?

Jesus het gesê, ‘As julle aan My verbind bly en My woorde ‘n stewige vastrapplek in julle gekry het, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry’ (vers 7).

Die woord ‘verbind’ spreek van intimiteit en ‘n nabye konneksie. Dit is ‘n idee van ‘huis’, die plek waar jy voorsiening kry en gevoed word.

Wanneer jy so ‘n verhouding met God het, sal jy Sy hart en begeertes so goed ken dat jou wil in lyn met Sy wil sal wees. Dan sal jy die resultaat kry waarvoor jy vra.

Moenie net aanneem dat wat jy vra in lyn met God se wil is nie. Toets eerder jou gebed deur die ‘verbintenis beginsel.’

Wanneer jy aan Jesus verbonde is, word jy geestelik volwasse. Wanneer jy geestelik volwasse is, begin jy anders bid. Jou gebede is nie self-gesentreerd en in jou eie belang nie.

Die tyd wat jy in die Een wat jy die liefste het se teenwoordigheid spandeer, word belangriker as die eindresultaat waarop jy hoop. Jy gee nie om om te wag nie, want jy besef dat God se tydsberekening altyd perfek is.

Wanneer Hy besluit om nee te sê vir jou versoek, is jy verheug en sê, ‘Dan het U iets beters in gedagte vir my, en ek vertrou U.’ Het jy al hierdie punt in jou reis met Hom bereik?

Scroll to Top