Beantwoord hierdie twee vrae

Sonsondergang

Eerstens, hoe is jou verhouding tans met God?

Twyfel jy aan sy beloftes, sy roeping op jou lewe, jou vermoë om sy stem te hoor, sy vreugde in jou en of jy genoeg kan doen om Hom gelukkig te hou?

As dit die geval is, is hierdie Skrifgedeelte spesiaal vir jou geskryf: 'Ek bid dat dié God wat aan ons 'n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul...'

Let op, wanneer jy ophou om op God te vertrou en begin om op jou eie inspanning te vertrou, verloor jy jou vreugde en vrede.

Het jy joune vandag verloor? As jy dit wil terughê, moet jy uit die vertwyfeling en terug in geloof in beweeg!

Tweedens, hoe is jou verhouding tans met jouself?

'n Christelike skrywer sê: 'Vir jare was die verhouding wat ek met myself gehad het, een van twyfel. Ek het oor my besluite, my voorkoms, of ek die regte ding sê en doen en of ek God en ander mense behaag, getwyfel.

Ek het geweet dat ek nie tevrede was met myself nie, so hoe kon God of enigiemand anders met my tevrede wees? Daardie jare van ellende is agter my, omdat ek nou weet dat God se genade my soos 'n kombers bedek.

Ek weet dat dit slegs deur Jesus is wat ek regverdig en aanvaarbaar voor God gemaak is. Wat 'n vreugde! Ek ken nou die simptome van vertwyfeling en sal altyd daarteen moet waak.'

Paulus skryf: 'Christus het ons bevry sodat ons nou in vryheid kan lewe. Maak seker dat julle vry bly, en moenie weer onder 'n slawejuk vasgebind word nie' (Galasiërs 5:1).

Hou op om oor jou redding, jouself en God te twyfel!

Scroll to Top