As jy wil tou opgooi

Tou Opgooi

Dawid het gesê: "O, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie... Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!" (verse 13-14).

Die woord 'wag' kom van 'n Hebreeuse woord wat gebruik word om die proses om 'n tou te maak, te beskryf. Elke tou begin as 'n draad, en elke bygevoegde draad vermeerder die tou se krag.

Elke keer wat jy dus op die Here wag, voeg jy nog 'n draad by die tou; jy word 'n bietjie sterker en 'n bietjie meer in staat om dinge te hanteer.

Hang jy aan 'n draadjie? Bestee meer tyd met God en kyk hoe Hy die draadjie in 'n tou verander. In hierdie geval is om te wag nie soveel 'n posisie as wat dit 'n fokus is nie.

Die Bybel sê: "U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is" (Jesaja 26:3). Of dit nou is om biddend in God se teenwoordigheid te sit of om Hom aktief te dien, jy het die versekering dat jou krag vernuwe sal word.

As jy vandag wil tou opgooi, gryp hierdie beloftes aan: "Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nie vermoeid word nie" (Jesaja 40:31).

"Soos oë van slawe gerig is op hulle meester... so is ons oë gerig op die Here..." (Psalm 123:2).

Scroll to Top