Antwoorde op die groot vrae (3)

Kniel Vrae-3

Hoe kan ons die Bybel vertrou as mense dit geskryf het?

Vraag: Skryf jy die brief, of skryf die pen die brief? Die pen is net die instrument wat jy gebruik. Op dieselfde manier, het God mense as instrumente gebruik om sy 'brief' aan die mensdom te skryf.

Dis hoekom sir Isaac Newton gesê het: 'Ek vind meer ware tekens van egtheid in die Bybel, as in enige goddelose geskiedenis.'

Dis hoekom Winston Churchill van die Skrif gesê het: 'Laat wetenskaplikes en kundiges hul kennis gebruik en alle besonderhede van die verslae wat vir ons vanaf daardie donker eeue bewaar is, ondersoek. Al wat hulle sal doen is om die groot eenvoud en wesenlike akkuraatheid van die opgetekende waarhede wat tot dusver die pelgrimstog van mense verlig het, te versterk.'

Daar is 'n rede hoekom Abraham Lincoln gesê het: 'Ek glo dat die Bybel die beste geskenk is wat God nog ooit vir die mens gegee het.'

Josh McDowell, 'n Christelike apologeet, sê: 'Hier is die prentjie: 1500 jare, 60 generasies, 40 skrywers, verskillende lewensterreine, verskillende plekke, verskillende tye, verskillende buie, verskillende kontinente, drie tale, skrywes oor honderde kontroversiële onderwerpe. Wanneer dit egter bymekaar gebring word, is daar absolute harmonie van begin tot einde. Daar is geen ander boek in die geskiedenis wat eers naby aan die uniekheid van hierdie kontinuïteit kom nie.'

Jy kan jou Bybel vertrou. Die profesieë daarin vervat is vervul, die beloftes daarin is op die proef gestel en die beginsels vir die lewe daarin werk regtig. Weet jy hoekom die Bybel geskryf is?

Johannes gee vir ons die antwoord: 'Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God' (1 Johannes 5:13).

Scroll to Top