ANTWOORDE OP DIE GROOT VRAE (4)

Kniel Vrae-4

Sommige mense sê dat Jesus Christus nooit bestaan het nie.

Een prediker skryf: "Terwyl skeptici mag kies om die Bybel se morele boodskap te verwerp, kan hulle egter nie die geskiedkundige akkuraatheid daarvan ontken nie.

Meer as 25,000 argeologiese vondste bewys dat die mense, plekke en gebeurtenisse wat in die Bybel genoem word, waar en akkuraat beskryf is.

Geen argeologiese vonds het al ooit die Bybel weerlê nie." Die beskrywings in die Bybel het inderwaardheid al argeoloë na wonderbaarlike vondste gelei.

Die nie-Christelike joernalis, Jeffrey Sheler, die skrywer van die boek Is The Bible True?, kom tot die volgende gevolgtrekking:

"Moderne argeologie bevestig die historiese kern van die Ou en Nuwe Testamente op wonderbaarlike wyse en ondersteun sleutelgedeeltes van deurslaggewende Bybelse verhale."

Jesus se geboorte, bediening, dood en opstanding is onweerlegbare historiese feite.

Josephus, een van die bekendste Joodse geskiedkundiges, het glo die volgende geskryf: "Daar was ongeveer hierdie tyd Jesus, 'n wyse man, as dit geoorloof is om hom 'n man te noem, want hy was 'n doener van wonderwerke - 'n leraar van mense wat die waarheid met genoeë ontvang het.

Hy het baie van die Jode en baie van die heidene na hom toe aangetrek.

Hy was die Christus; en toe Pilatus hom op voorstel van die vernaamste manne tot die kruis veroordeel het, het diegene wat hom liefgehad het, hom nie verlaat nie, want hy het op die derde dag weer lewend aan hulle verskyn, soos die goddelike profete dit en ook tienduisend ander wonderlike dinge rakende hom voorspel het; en die kerk van Christene, na hom vernoem, is nie uitgestorwe teen hierdie tyd nie."

Nie net het Jesus gelewe nie, maar Hy het ook gesterf sodat jy die ewige lewe mag hê. Ontvang Hom vandag as jou Redder.

Scroll to Top