Antwoorde op die groot vrae (2)

Kniel Vrae-2

Is die kerk nie vol skynheiliges nie? Die woord hipokraat kom van die Griekse woord vir 'akteur' af. Skynheiligheid is dus die uitbeelding van oortuigings, gevoelens of waardes wat jy nie werklik besit nie.

Die ware kerk van Jesus Christus bestaan uit ware gelowiges; skynheiliges gee dus voor en sit tussen God se mense. Jesus het selfs een tussen sy twaalf dissipels gehad - Judas.

Kom ons wees eerlik; mense het al die kerk verlaat as gevolg van skynheiligheid. Daar is meer akteurs in die kerk as in Hollywood. Skynheiligheid is ongebreideld in die moderne kerk - maar wees versigtig voor jy dit oordeel. Onthou die ou gesegde: 'Christene is nie perfek nie, net vergewe.'

Voor jy dit op jouself neem om oordeel oor mense wat foute maak en met swakhede sukkel te vel, lees hierdie woorde: 'Jy sê dalk: 'Dis darem verskriklike mense wat jy beskryf!'

Jy is egter self sonder verontskuldiging. Deurdat jy 'n oordeel oor ander uitspreek, veroordeel jy immers jouself, want eintlik doen jy dieselfde soort dinge. Daarom is jy ook sonder verontskuldiging.

Ons weet tog dat God 'n suiwer oordeel sal vel oor enigiemand wat met sulke praktyke besig is.

Dink jy dan - jy wat ander veroordeel wat hierdie dinge doen, en tog ook self daarmee besig is - dat jy God se oordeel sal vryspring?

God is so oorvloedig in sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld teenoor jou. Minag jy dit werklikwaar? Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?' (verse 1-4).

Moenie jouself oor die skynheiliges in die kerk bekommer nie; God sal hulle uitsorteer; die 'onkruid' van die 'koring' (sien Matteus 13:30).

Scroll to Top