Antwoorde op die groot vrae (1)

Kniel Vrae-1

Wat van lyding - bewys dit nie dat daar nie 'n liefdevolle God is nie?

Adam is 'n keuse gegee: om God te gehoorsaam, of om aan Hom ongehoorsaam te wees. Hy het ongehoorsaamheid gekies en God het gesê: '...Daarom vervloek ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met droefheid sukkel om 'n bestaan daaruit te maak' (Genesis 3:17).

Dink hoe baie mense aan kanker, Alzheimer se siekte, veelvuldige sklerose, hartsiektes, emfiseem, Parkinson se siekte en ander aftakelende siektes ly. Hartseer genoeg, gebruik baie van ons lyding as 'n verskoning om enige idee oor God te verwerp, terwyl die bestaan daarvan die presiese rede is hoekom ons in Hom moet glo.

In die begin het God perfekte mense geskape en hulle het in 'n perfekte wêreld sonder lyding gelewe - dit was hemel op aarde. Toe sonde egter in die wêreld gekom het, het dit die dood en ellende meegebring.

Wat is dus die antwoord? 'Maar ons sien uit na die nuwe hemele en 'n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe. Daarom, geliefdes, terwyl julle wag... Lewe in vrede met God' (2 Petrus 3:13-14).

Lyding het sy hoogtepunt bereik toe Jesus aan die kruis gesê het: 'Dit is volbring.' Dit beteken dat dit ten volle betaal is.

Dit beteken dat wanneer jy Jesus as jou Redder aanvaar, sal jy hemel toe gaan wanneer jy sterf en in 'n glorieryke wêreld lewe wat sonder sonde en lyding nuut gemaak is. '...Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie - dit het God voorberei vir hulle wat Hom lief het' (1 Korintiërs 2:9).

As jy nie seker is dat dit waar is nie, plaas vandag jou vertroue in Jesus.

Scroll to Top